HOOFBLAD ORIGAMI VERSIES STORIES SKAKELS WIE'S EK?

My Origami Filosofie
Origami Hoofblad Filosofie Origami Kiekies Origami Skakels

Vierkant



yin yang simbool





yin yang vierkant-sirkel simbool




Na Bo

Die vierkant het geweldige sterk simboliese waarde in Oosterse denke. Hierdie filosofieë is natuurlik glad nie eenvoudig nie, maar die basiese denkrigting is tog eenvoudig. Om breedweg op te som: alle dinge in die natuur bevat inherent teenoorstaande kragte of eienskappe ("opposing forces"). Die eienskappe bestaan nie as onafhanklike entiteite nie, maar as 'n inherente verweefde eienskappe. Hierdie eienskappe staan bekend as die yin en yang, wat vir my meer is as net "goed versus die kwaad".

Meeste mense ken die simbole van yin en yang, as twee traanvormige segmente van 'n sirkel. Maar yin en yang kan ook voorgestel word deur 'n vierkant (yin) wat 'n sirkel (yang) omsluit, met nog 'n vierkant binne in die sirkel en 'n volgende vierkant binne in die sirkel en so aan, ad infinitum. Om so te simboliseer dat alles in die natuur die saad van sy teenoorgestelde bevat. As gevolg hiervan is die vierkant dan al beskryf as die "Eerste Vorm" en is daarom 'n metafoor is van iets fundamenteel in die natuur.

Daarom is daar puriste wat geen ander vorm as die vierkant sal gebruik om mee te vou nie, maar so is daar ook diegene wat weer glo, die reghoek is 'n meer natuurlike vorm. Wat seker waar is, is dat mens in meeste huise baie makliker 'n reghoekige papier sal vind as 'n vierkant. Maar dit is nou weer 'n gesprek vir 'n ander dag:)

Suiwer
Origami




kraanvoël mobiel





kraanvoël mobiel





kraanvoël mobiel




Na Bo

In die literatuur word vewys na "Suiwer Origami" en daar is baie origami entoesiaste wat hierdie vorm van Origami streng beoefen.

Suiwer Origami verwys hoofsaaklik na vouwerk waar geen gom of skêr gebruik is om die uiteindelike resultaat te lewer nie. Alhoewel moderne vouers deesdae meer en meer gebruik maak van klein snitte in die oorspronklike papier, is daar wel die puriste wat steeds glo dat werklike satisfaskie van Origami juis lê in die suiwer benadering. Daar is sommiges wat selfs sover gaan as om slegs met vierkantige papier te vou.

Grootliks beskou ek myself as aanhanger van die sogenaamde "Suiwer Origami" aanhanger. Daar is wel gevalle waar ek bereid sal wees om snitte te maak. Verder is die filosofie van die vierkant een van die hoofredes waarom ek in Origami vasgegroei het en is dit vir my baie swaar om met enige ander vorm te vou. Maar soos ek sê ek is 'n aanhanger en nie 'n streng beoefenaar nie en sal ek wel uitsonderings maak as die eindresultaat iets spesiaals en kreatief is.

Om my eie filosofie op te som die volgende riglyne:

  • 'n Model gevou uit een vel papier is beter as een wat twee of meer velle papier gebruik
  • Waar meer as een vel papier gebruik word, is dit beter om die eenhede met voue te heg as met gom ("Unit" of "Modular" Origami)
  • 'n Model sonder snitte is beter as 'n ewe suksesvolle model van die selfde onderwerp as een met snitte
  • Modelle gevou uit vierkantige velle papier is beter as ewe suksesvolle modelle gevou uit ander vorms
  • Eenvoudige modelle is verkieslik bo komplekse modelle waar die eindresultaat ewe genotvol is
(In breë trekke vertaal en opgesom uit 'n artikel deur Alice Gray. Die artikel het verskyn in die joernaal van die "Origami Center of America", "The Origamian" volume 12, uitgawe 2)

Insig




Na Bo

"Folding paper in the right way should lead to a 'waking up' of our minds and hearts, but origami is only folding of paper - he who wants to understand it, just has to start." - Vittorio-Maria Brandoni (Origami Onderwyser)
Alhoewel dit waar is dat origami die vou van papier is, is dit vir die van ons wat vou meer as net dit. Behalwe vir die praktiese sy van origami het dit defnitief geestelike vorming tot gevolg. Fokus, geduld, selfkennis en kreatiwiteit is maar enkele voorbeelde van die vorming wat bewustelik en onbewustelik plaasvind in die origami prosesse.